Russiese Verre Ooste

Siberië en die Russiese Verre Ooste. Die rooi deel is die gebied van die Siberiese Federale Distrik en die geel en oranje deel regs daarvan is die gebied van die Verre Oosterse Federale Distrik.

Die Russiese Verre Ooste (Russies: Да́льний Восто́к Росси́и; Dalni Wostok Rossii) is ’n naam wat gebruik word vir die Russiese deel van die Verre Ooste, dus die heel oostelike gebiede tussen die Baikalmeer in Sentraal-Siberië en die Stille Oseaan. Die Russiese Verre Oosterse Federale Distrik wat in dié gebied val, moet nie verwar word met die Siberiese Federale Distrik wat nie tot aan die Stille Oseaan strek nie (sien kaart).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search